Man sterf ná voertuig teen boom bots

ʼn Man is dood en drie ander is beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het Vrydagoggend teen ʼn boom langs ‘n pad naby Durban in KwaZulu-Natal gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Phoenix plaasgevind nadat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.

“Die man is op slag dood en van die ander beseerdes was in die voertuig vasgekeer. Nadat hulle uit die voertuig gesny is, is hulle op die toneel gestabiliseer,” het Botha gesê.

Een persoon is in ʼn kritieke toestand na die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal geneem en die ander twee is in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.