Man sterf na voorval oor hotelverblyf

ʼn Toetsbeampte van die Langlaagte-toetssentrum in Johannesburg is aan ʼn hartaanval dood nadat hy en sy gesin oor die feesseisoen in Kaapstad aangekom het en gevind het dat hulle hotelverblyf ook deur iemand anders bespreek is.

Die eNews Channel Africa (eNCA) berig dat Joe Mthembu (46) en drie vriende die Notel International Hotel in Kampsbaai in Kaapstad ʼn deposito van R19 000 betaal het vir hulle en hul gesinne oor Nuwejaar. Toe hulle by die Kaapstad Internasionale-lughawe aangedoen het, het hulle egter verneem dat hulle kamers ook aan iemand anders uitgeboek is. Mthembu het ʼn hartaanval gekry nadat hy glo vir sowat agt uur probeer het om alternatiewe verblyf te reël. John Venter, direkteur by die hotel, het aan eNca gesê dat die voorval sy voormalige rekenmeester se skuld is en dat dit nie sy verantwoordelikheid is om besprekings te neem nie. Die voormalige rekenmeester sê hy het Venter maande voor die tyd van die probleem gewaarsku. Venter sê die groep sal hulle deposito’s terugkry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SANETTE HENNING ·

gENADE MAAR DIE TOETSBEAMPTE EN VRIENDE VERDIEN BAAAAAAIIIIEEEE OM SO GROOT DEPOSITO TE KAN BETAAL WONDER WAT IS DIE DAAGLIKSE TARRIEF DAN PER KOP

Brenda ·

Ja, onthou die R19 000 is net die DEPOSITO!!! Dit is belaglik- kan ek ook ‘n toetsbeampte word???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.