Man sterf nadat hy glo polisieman vermoor

geweer4-320x1791ʼn Bloemfonteinse man wat glo ʼn polisiebeampte doodgeskiet en ʼn vrou gewond het, is in die hospitaal oorlede nadat hy homself glo geskiet het.

Kapt. Harry Nagel, woordvoerder van die polisie, sê die 28-jarige polisiebeampte en sy 36-jarige vriendin het Sondag in ʼn motor gesit en gesels toe ʼn man hulle genader het en sonder om ʼn woord te sê op hulle losgebrand het. “Die polisiebeampte is agter die oor geskiet en is op die toneel dood. Die vrou is twee keer in die bolyf getref.” Sy is na die Pelonomi-hospitaal geneem vir behandeling. Nagel sê die 39-jarige man het van die toneel gevlug en homself later twee keer in die bolyf en in sy ken geskiet. “Hy is deur die polisie gevind terwyl hulle die hoofweg gepatrolleer het en is na die Clocolan-hospitaal geneem waar hy onder polisiebewaking behandel is.” Volgens berigte is die verdagte gister oorlede. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trippie ·

Liefdesdriehoek ? Jaloesie is vir kinders en emosioneel onvolwassenes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.