ʼn 39-jarige man is dood nadat hy Woensdagaand op ‘n sportveld in Edenvale, Johannesburg, ineengestort het.
Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê dit is nog nie bekend hoe die man dood is nie en ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word. “Die man was besig om sokker te speel toe hy ineengestort het. Paramedici het vir meer as 45 minute probeer om hom by te bring, maar dit was onsuksesvol. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Steinmann gesê.