Man sterf op sportveld

ʼn 39-jarige man is dood nadat hy Woensdagaand op ‘n sportveld in Edenvale, Johannesburg, ineengestort het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê dit is nog nie bekend hoe die man dood is nie en ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word. “Die man was besig om sokker te speel toe hy ineengestort het. Paramedici het vir meer as 45 minute probeer om hom by te bring, maar dit was onsuksesvol. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Steinmann gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.