ʼn Vlieënier is dood toe sy ligte vliegtuig Donderdag naby Stellenbosch in die Wes-Kaap neergestort het.
“Die vliegtuig het neergestort en toe aan die brand geslaan,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder Netcare 911, gesê. “Die vlieënier is op slag dood.”
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en gaan deur die Burgerlike Lugvaartowerheid ondersoek word.