Man sterf terwyl hy wiel omruil

ʼn Man is Dinsdagaand in Pretoria doodgery toe hy glo afgetrek het om ʼn pap wiel op ʼn deurpad om te ruil.

Volgens Louise Britz, ʼn woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het die voorval omstreeks 20:30 op die Ben Schoeman-hoofweg, naby die Eeufees-afrit plaasgevind.

“Die bestuurder van ʼn Sprinter-minibus het glo in die noodbaan gestaan om ʼn motorband om te ruil toe ʼn Corsa bakkie teen die Sprinter gebots het. Die bestuurder van die minibus is op slag dood. Die bestuurder van die bakkie is in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Britz gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.