Man sterf toe mikrovliegtuig val

'n Mikrovliegtuig vlieg oor die Victoria-valle op die Zimbabwe/Zambië-grens

Een man is dood en nog een ernstig beseer toe ʼn mikrovliegtuig Saterdag in Krugersdorp geval het, het Gauteng paramedici gesê.

Die beseerde man is per helikopter na die hospitaal geneem, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911 gesê. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie maar die Burgerlike Lugvaartowerheid sal die saak ondersoek. Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.