‘n Man is Maandag dood toe ‘n muur in Pietermaritzburg op hom geval het.
“Nooddienspersoneel het op die toneel aangekom en die man onder die puin aangetref,” het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê. Die man, in sy laat 60s, het op die sypaadjie in Lotusweg in Northdale geloop toe die muur ineengetuimel het. Die man is op die toneel dood.