Man sterf toe swerm bye hom pak

Argieffoto

‘n Man is dood nadat ‘n swerm bye hom Maandag in Mayfair, Johannesburg, gesteek het.

“Ons het noodhulp op die 38-jarige man toegepas, maar hy het later gesterf,” het Nana Radebe, woordvoerder vir die nooddienste in Johannesburg, gesê. Die voorval het langs Laerskool Mayfair plaasgevind. “Niemand anders is gesteek nie,” het Radebe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.