Man sterf toe sy seun hom glo aan die brand steek

‘n 70-jarige man van die Oos-Kaap is dood nadat sy seun hom glo aan die brand gesteek het.

“Die bure het op die man afgekom wat kritiek beseer is en het hom na die Mtatha algemene hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het,” het maj. Zamukulungisa Jozana, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê.

Die man se seun het glo in die verlede al sy pa aangerand en die polisie is tans na hom op soek. Die voorval het Vrydag omstreeks 14:00 by hul huis plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.