Man sterf tydens haaiaanval

Foto: Westpac Rescue/Twitter

Die Nieu-Seelandse polisie moes Woensdag ʼn vier meterlange witdoodshaai skiet nadat die dier ʼn man aangeval en doodgemaak het.

Die voorval het by Muriwai-strand, sowat 40km noordwes van Auckland, ʼn gewilde bymekaarkomplek vir branderplankryers, plaasgevind. Pio Mose, ʼn visserman wat die voorval sien gebeur het, het aan plaaslike media gesê die slagoffer was besig om te swem. “Ons het eweskielik ʼn groot vin gesien en die volgende oomblik was daar net bloed,” het Mose gesê. Hy en ʼn vriend het hulp ontbied. “Die man was nog lewendig, hy het sy hande in lug gewaai toe hy weer aangeval en onder die water ingetrek is.”

Mose sê die slagoffer se liggaam het daarna na die oppervlak gedryf, maar sy kop was onder die water en die man was reeds dood. Die haai wou nie die man se liggaam laat los het nie, en die polisie moes die dier verskeie kere skiet voor laat los het. Dit is nie in die stadium bekend of die haai dood is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.