Man sterf tydens N1-botsing

Foto: @gavine2009 op Twitter

ʼn Man in sy 30s is dood en drie ander mense beseer nadat drie voertuie Maandagmiddag omstreeks 14:30 op die N1-deurpad in ‘n noordelike rigting net voor die Allandaleweg-afrit gebots het.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het ʼn wit Toyota-sedanmotor teen die agterkant van ʼn bakkie vasgery waarna dit ʼn BMW X3 getref het. Die man, wat die Toyota bestuur het, is op slag dood. “Die voorkant van sy voertuig is heeltemal verwoes en die man is dood as gevolg van veelvoudige interne beserings,” het Jackson gesê. Die persone in die ander twee voertuie het geringe beserings opgedoen en is per ambulans na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.