Man sterf tydens plaasongeluk

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Man is Dinsdagoggend in ʼn trekkerongeluk op ʼn plaas naby Vanderbijlpark in Gauteng dood.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê ʼn plaaswerker was besig om ʼn landery naby ʼn steilte te ploeg toe die trekker glo teen die steilte afgegly en gerol het. “Die trekker het oor die werker gerol en bo-op die man tot stilstand gekom en hom vergruis,” het Meiring gesê.

“Die ander plaaswerkers het dadelik nooddienste ontbied en die trekker met ander voertuie en toue van die slagoffer af getrek.”

Volgens Meiring het die werker erge bors- en maagbeserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.