Man sterf tydens valskermsprong

‘n 56-jarige man is Sondag tydens ʼn valskermsprong dood. Die voorval het omstreeks 09:00 by ʼn valskermklub in Durban plaasgevind.

Volgens die Valskermvereniging van Suid-Afrika (Pasa) was dit Gareth Vaughan se eerste statiese lynsprong.

“Met ʼn statiese lynsprong word ʼn koord aan die vliegtuig vasgemaak wat outomaties die valskermspringer se valskerm ontplooi,” het Mark Bellingan, Pasa se nasionale veiligheidsbeampte, gesê.

“Die man se valskerm het normaalweg ontplooi en hy het dit aanvanklik gestuur. Sowat 450m bo die grond het hy ʼn draai na die weste van die vliegveld gemaak. Hy het aanhou beweeg in ʼn westelike rigting, weg van die landingsarea af. Hy het geen pogings aangewend om sy rigting te verander nie. Hy het ʼn end verder in ʼn afgebakende gebied te lande gekom.”

Vaughan is op die toneel dood verklaar. ʼn Nadoodse ondersoek is van stapel gestuur om die oorsaak van die dood te bepaal.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.