Man sterf tydens visvang-uitstappie

Danie Joubert (32) van Potchefstroom is Saterdag dood ná hy tydens ʼn visvang-uitstappie in yskoue damwater beland het.

Joubert se suster, Anni-Mari Pretorius, het aan Beeld gesê hy het saam met twee vriende by die Klipdriftdam, naby Potchefstroom, gaan visvang. Hy het omstreeks 15:00 met ʼn roeibootjie die dam in gevaar om lyne in die water te plaas. Die wind was glo baie sterk en het veroorsaak dat die boot kantel.

“Een van sy vriende het probeer om na hom te swem, maar moes weens die koue terugdraai. Hulle het hom uiteindelik met ʼn kano bereik en hy was nog by sy bewussyn. Hulle het lank gespook om hom in die kano te kry omdat hy ʼn groot man was. Toe hulle hom eindelik aan wal kry, was dit te laat,” het Pretorius gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.