Man stuur SMS, steek homself aan die brand

ʼn Sakeman van Bloemfontein het ʼn SMS-boodskap aan sy gesin gestuur waarin hy gesê het hy is lief vir hulle en jammer oor wat hy nou gaan doen, voor hy homself aan die brand gesteek het.

Volksblad berig dat Pieter Barend Rowe (62) van Heuwelsig homself eergisteraand sowat 15km vn Maselspoort af in die veld aan die brand gesteek het. Rowe se gesondheid het glo die laaste tyd agteruitgegaan. Rowe se seun, Jesse, sê sy pa het gesê hy wou nie meer ʼn las vir hulle wees nie, al was hy nooit vir hulle een nie. ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Harry Nagel, sê Rowe het omstreeks 19:30 sy silwergroen BMW langs die pad geparkeer, die veld ingeloop waar hy ’n vlambare vloeistof, vermoedelik petrol, oor homself gegooi en homself aan die brand gesteek het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.