Man swaai uit vir hond, tref bus

Twee mense is Vrydagoggend ernstig beseer na 'n motor, wat glo vir 'n hond uitgeswaai het, teen 'n bus vasgery het. Foto: hqcowichanvalley.com

Twee mans is beseer nadat ʼn motor tromp-op teen ʼn bus gebots het. Die ongeluk, wat glo deur ʼn hond veroorsaak is, het Vrydagoggend in Sefako Makgathorylaan (voorheen Zambesi), in die noorde van Pretoria plaasgevind.

Dit is nog nie duidelik hoe die ongeluk ontstaan het nie maar volgens ooggetuies het die bestuurder van die motor glo vir ʼn hond, wat oor die pad gehardloop het, uitgeswaai. Die motor het voor die bus ingery. Na die botsing het die bus van die pad afgery en deur ʼn grensmuur geploeg waarna dit in ʼn tuin tot stilstand gekom het.

“Die motorbestuurder is ernstig beseer en het in die motorwrak vasgesit. Paramedici het hom gestabiliseer terwyl die Tshwane-metro se nooddiensbeamptes hom uit die wrak gesny het,” het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Volgens Wicks is die man en die busbestuurder, wat ook ernstig beseer is, na die Steve Biko-hospitaal vir verdere behandeling geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.