Man teen meer as 220km/h betrap

‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy teen meer as 200km/h betrap is op die N1 naby Laingsburg in die Wes-Kaap.

Die SABC berig dat die 33-jarige man op pad was na Kaapstad toe hy teen 220km/h betrap is. ʼn Woordvoerder van die provinsiale verkeersdepartement, Kenny Africa, sê die voorval het Vrydagoggend plaasgevind en die man is in hegtenis geneem. Africa sê die man sal die Kersnaweek agter tralies deurbring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.