Man toets polisie se reaksietyd met bomdreigement

ʼn Man is Sondag in Woodstock in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hy die polisie geskakel en gesê het daar is ʼn bom buite die polisiestasie.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao. November Filander, sê die polisie het onmiddellik sy honde-eenheid ontbied om die area te fynkam. “Sowat 40 minute later is die polisiestasie en omliggende area veilig verklaar.” Filander sê die persoon wat die oproep gemaak het, is opgespoor en kort voor 13:00 Sondagmiddag in Douglas Place in Woodstock in hegtenis geneem. “Die verdagte sê hy wou die polisie se reaksietyd toets.” Die 43-jarige verdagte sal binnekort in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Salomè Potgieter ·

Nico, waar kan n mens kommentare op artikels lees? Daar is altyd net n opsie vir ‘verwante artikels’, wat ‘ou nuus’ is..ek vind dit frustrerend! Help asb..ek is op n foon en nie Pc.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.