Man in tronk aangerand wat glo 9-jarige verkrag, verbrand

Gemeenskapslede betoog voor die Bellville-landdroshof waar die verdagte verskyn het. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Gemeenskapslede betoog voor die Bellville-landdroshof waar die verdagte verskyn het. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

ʼn 27-jarige man van Kaapstad wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn negejarige meisie van Delft verkrag en aan die brand gesteek het, het Dinsdag in die Bellville-landdroshof sy aansoek om borgtog teruggetrek.

Die man het in ʼn volgepakte hof vol bekommerde inwoners voor landdros Cyril Kroutz verskyn. Hendrietta Bogopane-Zulu, adjunkminister van kinders, vroue en mense met gestremdhede, het ook die verrigtinge bygewoon.

ʼn Vrou wat erg gehuil het, moes twee minute nadat die verrigtinge begin het, uit die hof vergesel word.

Die man se regspan het bevestig dat hy sy borgtogaansoek terugtrek. Hulle het versoek dat die man in isolasie gehou word by die Goodwood-gevangenis, aangesien hy glo aangerand is en daar nuwe wonde aan sy gesig was. Dié versoek is toegestaan, aangesien regter Kroutz gesê het dit wil voorkom of die man se lewe in gevaar is. Kroutz het ook beslis dat die man onder mediese waarneming geplaas word.

Die saak is tot 27 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.

Die man het glo ʼn week gelede die meisie langs die R300-snelweg verkrag waarna hy haar aan die brand gesteek het.

Hy word aangekla van verkragting, seksuele aanranding, ontvoering en poging tot moord. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê die man se naam mag nie bekend gemaak word voordat hy gepleit het nie.

Lees ook:
Meisie steeds kritiek na sy verkrag, verbrand word
Man wat 9-jarige glo verkrag, verbrand bly in aanhouding
Negejarige verkrag, verbrand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

amelia ·

Ag sies tog nuwe merkies aan sy ou gesiggie Laat die arme man uit kom om borg sodat daar met hom buite hof afgereken kan word Het hy gedink hoe moes meisie voel toe hy haar verkrag en aan die brand gesteek het , nou kla hy Nee kry vir jou Nee gooi hom tussen ander laat hul sy gal werk

Ria Maritz ·

NEE, LOS HOM TUSSEN DIE ANDER BARBARE !

Geen genade vir hierdie monster.

Dan ·

Die vuilgoed het geen genade aan sy slagoffer betoon nie. Waarom moet daar nou genade aan hom betoon word? Plaas hom tussen die ander gevangenes sodat hy verkrag kan word. Gee vir sy maats elkeen ‘n dosie vuurhoutjies sodat hulle hom stadig kan doodbrand.

Theresa ·

Shame arme ding! Beskerm hom want sy lewe is in gevaar. Boek hom by ‘n Hotel in asseblief. Julle is almal idiote. Daardie arme dogtertjie het GEEN verweer gehad nie. Sy het dit nie verdien nie. Ek hoop hy vrek waar hy ookal aagehou word want hy verdien nie om te lewe nie! Dis hoekom ons land in so gemors is – die vuilgoed word beskerm en op die hande gedra!

Theresa ·

Ek stem volkome saam met jou Dan. Maar die tipe gemors word mos altyd beskerm. Die arme kind se lewe is verwoes. Sy het geen verweer gehad nie. DIe ding het presies geweet wat hy doen en nou word hy beskerm. Hy het mos regte. Die kind het niks gehad nie. Maar dis mos hoe dit werk in hierdie land. Die slagoffers is die slegtes en die gemors is die wat beskerm word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.