Man tronk toe na moord op bejaarde

‘n 26-jarige man is Dinsdag 22 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op Willie Andries Pretorius (64) in Augustus 2009.

Teko Nicolas Radebe het vroeër skuld beken op aanklag van moord. Hy en twee medebeskuldigdes het Pretorius, van Poortsigstraat in Bergtuin in die noordooste van Pretoria, glo wreed vermoor. Regter Ntendeya Mavundla, sê Radebe het geen genade getoon aan sy slagoffer nie en verdien dus geen simpatie van die hof nie. Pretorius is met messe gesteek en met ʼn geweerkolf en vol whiskybottel doodgeslaan. Mavundla sê foto’s van die moordtoneel is skokkend. Pretorius se motor, horlosie, selfoon en ander huishoudelike items is gesteel. Radebe se medebeskuldigdes, Petrus Moloko en Johnson Ramorei, het onskuldig gepleit op aanklag van moord en roof en word afsonderlik verhoor. Moloko is ʼn voormalige werknemer van Pretorius. Pretorius se seun, Arno, en sy dogters, Tanya Symons en Izelle Jooste, sê hulle het gehoop op ʼn erger straf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.