Man by troue doodgeskiet

trouringe

Argieffoto

‘n Man is by ‘n huwelikseremonie in Mankwanyaneni, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

“’n 55-jarige man is dood en twee mense gewond toe onbekende mense Saterdag op hulle losgebrand het,” het Kwanele Ncalane, woordvoerder van die departement vir gemeenskapsveiligheid, Maandag gesê. “Blykbaar het ‘n paar mense by die plek opgedaag en aangevoer hulle het nog nie kos gekry nie.”

Oomblikke later kon geweerskote gehoor word.

LUR Willies Mchunu het die voorval veroordeel. “Ons is ontsteld deur dié moord in eMankwanyaneni, aangesien die gebied nou berug word vir sy moord en geweld,” het hy gesê. “Dit het die moontlikheid om die gebied te destabiliseer en kan tot eindelose faksiegevegte lei.” Mchunu sê die gemeenskap moet self seker maak dat die gebied vreedsaam is sonder sinnelose geweld. “Geweld wek geweld, jaag ontwikkeling weg en dompel die gemeenskap in matelose armoede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

leon ·

Hoe kan hy se die gemeenskap moet self sorg dat daar vrede is. As hulle die gereg in eie hande neem gaan hulle tronk toe. Hoe nou gemaak??????

Trippie ·

Ek weet nie hoe werk die tradisie(s) in Natal nie – maar hier in Gauteng is beide huwelike en begrafnisse oop vir almal om by te woon – of jy hulle ken, of nie. Gewoonlik daag die “ongenooide” gaste op en keer terug huistoe met sakke vol kos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.