Man tydens winkelroof doodgeskiet

ʼn 45-jarige man is tydens ʼn rooftog by ʼn winkel in Grahamstad in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, sê volgens ooggetuies was daar talle klante in die winkel gewees toe ʼn groep gewapende mans die winkel binnegekom het. Govender sê twee klante was glo op pad uit toe hulle deur een van die rowers voorgekeer is. Ooggetuies het geweerskote gehoor en gesien ʼn 45-jarige man is doodgeskiet. “Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Ons is steeds besig om inligting in te win maar in die stadium soek ons na drie verdagtes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.