Man val 18 meter uit ‘n gebou

Die gebou waaruit die man geval het

ʼn Konstruksiewerker veg tans om sy lewe in ʼn hospitaal in Pretoria nadat hy glo agtien meter ver van ʼn gebou af op ʼn vragmotor wat staalpenne vervoer, geval het.

Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911 sê die oorsaak van die ongeluk en die gebeure vooraf is nog onbekend. Dit blyk dat die man op een van die boonste vlakke van die gebou, wat nog onder konstruksie is, gewerk het, voordat hy gegly en geval het. Die man het op die vragmotor, wat langs die gebou parkeer was, geval. Netcare911 paramedici het by die toneel opgedaag en die man in ʼn kritieke toestand gevind. Hy het erge koptrauma opgedoen. Hy is per ambulans na ʼn spesialishospitaal vir noodbehandeling geneem.

Netcare911 se reaksievoertuie en die vragmotor waarop die man geland het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.