Man val 5 verdiepings ver in Sandton, JHB

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is ernstig beseer nadat hy glo omstreeks 03:30 Vrydagoggend vyf verdiepings uit ʼn venster in ʼn gebou in Sandton, Johannesburg, geval het, het paramedici gesê.

“Die paramedici het hom op die sypaadjie gevind met getuies wat verduidelik het dat die man se woonstel glo in vlamme gehul was,” het Vanessa Jackson, woordvoerder vir ER24 gesê. Ná ʼn val uit só ʼn hoogte was die paramedici geskok dat die 28-jarige man steeds geleef het, het Jackson gesê. “Die paramedici het hom dadelik aan ʼn lewensreddingstoestel gekoppel. Die man het verskeie beserings opgedoen insluitend gebreekte bene, inwendige beserings en ʼn erge kopbesering.” Hy is na die Charlotte Maxeke Akademiese-hospitaal geneem waar hy steeds in ʼn ernstige toestand verkeer. Die rede waarom die man uit die venster gespring of geval het sal ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.