Man val broer aan oor macaroni-en-kaas

Randy Zipperer

Randy Zipperer (49) van Florida in Amerika het glo sy jonger broer met ‘n mes aangeval ná ‘n woordewisseling oor ‘n vermiste porsie macaroni-en-kaas.

Randy en sy broer Edward (47) het glo oor Randy se vermiste macaroni-en-kaas begin stry, berig CBS News. Sy jonger broer het hom help soek, maar tydens die soektog het Edward ‘n bier omgestamp wat Randy gedrink het. Randy het glo sy humeur verloor en ‘n mes begin rondswaai wat uiteindelik in Edward se maag beland het.

Edward het ‘n maagwond gehad toe polisiebeamptes by die toneel opgedaag het. Ondersoekbeamptes het die bloedspoor tussen die kombuis en slaapkamer gevolg. “Ek het hom so klein bietjie met die mes gesteek, maar ek het dit nie bedoel nie,” het Randy glo erken. Hy word van aanranding met verswarende omstandighede aangekla. Hy het hom glo ook sonder geweld teen ‘n polisiebeampte verset.

Hy is glo die afgelope 10 jaar verskeie kere in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Berita Drescher ·

Hierdie bosvark behoort gladnie buite die tronkselmure te wees nie…..hy’t def n paar GROOT skroewe verloor erens……..mens wonder wat in sulkes se lewens gebeur het om so te reageer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.