Man val op berg, sleep homself na veiligheid

Mt Ruapehu in Nieu-Seeland van die pad af gesien

Mt Ruapehu in Nieu-Seeland van die pad af gesien

‘n Duitse toeris is Sondag van ‘n berg in Nieu-Seeland gered nadat hy naby aan die bokant van die Te Heu Heu-vallei gegly en geval het.

Die 19-jarige man het Sondagoggend alleen in die noordwestelike hange van Mt Ruapehu gestap toe hy omstreeks 11:30 misgetrap en 100 meter ver teen die sneeu af gegly het. Hy het sy been gebreek.

Die man, wat in Nieu-Seeland woon en werk, het sy skoenveters gebruik om sy bene aan mekaar vas te bind en het ‘n hemp gebruik om die bloeding aan sy linkerbeen te stop.

Hy het homself hierna teen die berg begin afsleep, aangesien hy sy selfoon in die val verloor het. Hy het aanhoudend om hulp geskree. ‘n Ander bergklimmer het sy noodkrete gehoor en hulp ontbied.

Die Greenlea-reddingshelikopter is ontbied en het die man na ‘n hospitaal geneem.

Konstabel Conrad Smith, woordvoerder van die Nasionale Parke-polisie, het gesê die man het nie genoeg voorbereidings getref vir die staptog nie en het ook nie die nodige toerusting by hom gehad nie. Hy het glo ook nie behoorlike stapskoene aangehad nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.