Man val van leer af

Foto: ER24

ʼn Man van Kaapstad is beseer nadat hy van ʼn leer afgeval het.

Die man, in sy 40s, wou glo iets op die dak van ʼn huis in Southfield in die Wes-Kaap regmaak, toe hy afgeval het. “Paramedici is ontbied en die man het steeds langs die leer op die vloer gelê. Die man het sowat drie meter ver geval,” het ER24 in ʼn verklaring gesê. Die man het rugbeserings en geringe skrape en kneusplekke opgedoen. “Die man was by sy volle bewussyn en hy het net van erge pyn gekla toe die paramedici hom ondersoek het.”

ER24-paramedici het hom pynstillers gegee en hy is in ʼn stabiele toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.