Man val vriendin by eetplek aan

ʼn Kelnerin by ʼn restaurant in die Killarney-winkelsentrum in Johannesburg is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy Woensdag glo deur haar kêrel en in aanskoue van omstanders met ʼn Okapi aangeval is.

LookLocal berig dat die voorval by die Ocean Basket in Killarney plaasgevind het. Volgens ʼn polisiewoordvoerder, sers. Jenny Pillay, het die 26-jarige man Woensdagoggend by die restaurant opgedaag en gevra om met sy vriendin te praat. Daar is glo aan hom gesê om 14:00 terug te keer. Toe hy later die middag teruggekeer het, het hy glo die kombuis binnegegaan en sy vriendin verskeie kere in die bolyf met ʼn Okapi gesteek. Hy het van die toneel probeer vlug maar is buite die winkelsentrum deur veiligheidswagte en die polisie in hegtenis geneem. Die eienaar van die restaurant, Kershan Govender, sê hulle is erg geskok deur die voorval en dat die personeel traumabehandeling ontvang. Die man sal na verwagting volgende week in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.