ʼn Man is in Hillbrow, Johannesburg, in hegtenis geneem nadat ʼn tiener ses verdiepings ver na sy dood geval het, het die Gautengse polisie Woensdag gesê.
Die man is in hegtenis geneem nadat Nyasha Johwa (16) uit ʼn woonstelblok na sy dood geval het. The Star koerant het vroeër berig Johwa is glo kaal saam met die verdagte se vrou in ‘n bed aangetref. Volgens die koerant het die verdagte self die twee betrap. ʼn Huismaat het glo gehoor hoe die man op die vrou skreeu: “”S’febe uyajola!” [H**r, jy verkul my].
Mulamu het gesê die polisie is nog nie seker of die seun van die sesde verdieping af gespring en of die verdagte hom uitgestamp het nie.
Die verdagte moet binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
– SAPA
Sjoe, 16 en dit klink of hy al klaar by ‘n ander man se vrou was???
Ek dink dat die man dalk so kwaad was omrede sy vrou hom verneuk het met n 16 jarige dat hy buite homself van woede was?
Sou hy wel die seun gestamp het gaan hy beslis tronk toe. Daar is geen verskoning vir moord nie.
Heel moontlik het die 16 jarige gespring om toe hy die man se woedende gesig gesien het……..