Man van Hillbrow vas ná tiener sterf

boeie 2ʼn Man is in Hillbrow, Johannesburg, in hegtenis geneem nadat ʼn tiener ses verdiepings ver na sy dood geval het, het die Gautengse polisie Woensdag gesê.

Die man is in hegtenis geneem nadat Nyasha Johwa (16) uit ʼn woonstelblok na sy dood geval het. The Star koerant het vroeër berig Johwa is glo kaal saam met die verdagte se vrou in ‘n bed aangetref. Volgens die koerant het die verdagte self die twee betrap. ʼn Huismaat het glo gehoor hoe die man op die vrou skreeu: “”S’febe uyajola!” [H**r, jy verkul my].

Mulamu het gesê die polisie is nog nie seker of die seun van die sesde verdieping af gespring en of die verdagte hom uitgestamp het nie.

Die verdagte moet binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Ek dink dat die man dalk so kwaad was omrede sy vrou hom verneuk het met n 16 jarige dat hy buite homself van woede was?
Sou hy wel die seun gestamp het gaan hy beslis tronk toe. Daar is geen verskoning vir moord nie.
Heel moontlik het die 16 jarige gespring om toe hy die man se woedende gesig gesien het……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.