Man van Kaapstad deur “vrou” verkrag

ʼn Man van Kaapstad ontvang berading nadat hy glo deur ʼn man, wat soos ʼn vrou aangetrek was, verkrag is.

Luit.kol. André Traut het Vrydag aan die Cape Times gesê die man (26) het Woensdagoggend na die Groote Schuur-hospitaal gestap toe iemand wat soos ʼn vrou gelyk het, hom in Boudenstraat, Observatory, genader het. Die vrou, wat ʼn handsak, pruik en swart miniromp aangehad het, het hom met ʼn mes gekonfronteer. Die slagoffer het spoedig uitgevind dat sy aanvaller ʼn man is. Die man het hom in ʼn stegie in gedwing en hom verkrag voordat hy gevlug het. Polisie is tans op soek na die aanvaller, ʼn man in sy 30s. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.