Man van Lichtenburg vermis

Zak Spence

Jak Spence, ʼn 39-jarige man van Lichtenburg in Noordwes, word sedert Dinsdag vermis nadat hy ʼn voertuig in Johannesburg, Gauteng, gaan aflewer het.

Volgens die organisasie Missing Children South Africa, wat hulle beywer om vermiste persone op te spoor, is Spence vir die laaste keer omstreeks 15:00 by die Hyundai-tak in Sandton gesien waarna hy ʼn voertuig in Roodepoort sou aflewer. Hy het ʼn splinternuwe silwer Hyundai IX35, sonder nommerplate, bestuur.

Spence het donkerbruin oë, grys-swart hare, is 1.8 meter lank en weeg 75kg. Hy het ʼn swart baadjie en ʼn swart broek aangehad toe hy vir die laaste keer gesien is.

Mense wat weet waar hy hom mag bevind kan die Lichtenburg-polisie by 018 632 8275 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Seg Net ·

Sommige mense is ook maar lekker dom. Jare gelese het ‘n persoon ook by ons die maatskappy voertuig gesteel. hy het skoon vergeet van die logo op die deur en is baie gou vasgetrek.

maureen ·

Hierdie man het ‘n gesin dan kom jy met jou sotlike mening. Almal van ons wat in Lichtenburg is bid vir hom en sy gesin.

Ruaan ·

Kan jy so gevoelloos wees. Lees sot! Hy werk vit die maatakappy. Hy het aan een van sy kliente die voertuig gaan aflewer… ons hoop en bid dat hy lewendig is. Hy sal nooit so iets doen nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.