Man van Uitenhage neem sy 5-jarige dogtertjie as minnaar aan

‘n Man van Uitenhage (43) het glo sy 5-jarige dogter as sy minnaar aangeneem na haar ma gesterf het.

Die hooggeregshof in Port Elizabeth het die week aangehoor dat die dogtertjie tydens die seksuele aanvalle ernstig beseer is, berig SowetanLive. Nie eers die kliniese frases in die hof se verhoor kon die gruweldade, wat die man se stiefma bekend gemaak het, verberg nie.

Regter Elna Revelas het die 43-jarige man skuldig beving aan veelvuldige verkragtings van sy dogter. Joel Sesar, staatsadvokaat, het die hof versoek om die man lewenslank te vonnis.

Die man het glo ‘n lang lys van vorige oortredings, hoofsaaklik vir huisbraak en diefstal, maar ook vir aanranding. Die hof het aangehoor dat die kind se ma in November 2009 gesterf het, en dat die pa haar vir 10 maande lank “soos sy meisie” begin hanteer het. Die man se stiefma, wat ook op die eiendom bly, was die eerste persoon om die mishandeling te ontbloot. “Nadat die dogtertjie se ma gesterf het, het hy haar as sy minnaar aangeneem,” het sy gesê. “Hy het die kind van ander mense weggehou en ‘n bed met haar gedeel. Hy het haar verkrag terwyl haar 1-jarige boetie langs haar in die bed geslaap het. Hy het ook van my verwag om die babatjie te versorg,” het sy bygevoeg.
“Hy het haar gestraf as sy vir iemand op straat geglimlag het, maar nie by die huis nie. Dit is duidelik dat hy voorgestel het dat sy onvanpas flirteer het,” het regter Revelas in haar uitspraak gesê. Die man, wat aggressief in die hof opgetree het, het op die polisie begin skree, maar het aan die regter gesê dat sy sy dogter moet “toesluit”, aangesien sy die een is wat glo lieg, en nie hy nie. “Ek sal haar nie verkrag nie, ek het haar gemaak,” het die man gesê.

Ten spyte van mediese bewyse dat die kind weens die verkragtings ernstig beseer is, het hy daarop aangedring dat sy nie verkrag is nie. Hy het ook die stiefma daarvan beskuldig dat sy bewyse fabriseer het, aangesien sy hom glo “uit die huis wou hê”.

‘n Maatjie van die 5-jarige het in Augustus 2010 gesien hoe die man sy dogtertjie verkrag. Regter Revelas het gesê die kind se gebrekkige getuienis kan nie teen haar gehou word nie, aangesien dit baie moeilik vir haar was om die daad in ‘n hof voor klomp polisiebeamptes te beskryf. Die dogtertjie het glo gesê dat die man haar met die dood gedreig het, selfs nog voordat sy die verkragting sien gebeur het. Vier dae na dié voorval het die 5-jarige vir die eerste keer vertel wat gebeur het. Sy is na die polisie en ‘n maatskaplike werker geneem. Sy is in die hospitaal opgeneem en vir ernstige beserings behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lizette

SIEK EN MAL IS NIE DIE REGTE WOORDE NIE. DIERE DOEN NIE SULKE GOED AAN HULLE KINDERS NIE. EN NOU MOET ONS HOM NOG KOS EN SLAAPPLEK EN HEEL WAARSKYNLIK NOG ‘N GRAAD OF 2 OOK GEE!!! NEE, LAAT HY KOS EN SLAAPPLEK VERDIEN DEUR MINNAAR TE SPEEL VIR ANDER GEVANGENES.

Linda Holmes

Ag nee Here, wat gaan aan………………… ek huil my siel leeg vir daardie kind en al die ander wat dit in stilte moet verduur!