Man Dinsdag uit Afganistan-tronk vrygelaat

Phil Young, ʼn Suid-Afrikaner wat die afgelope twee jaar in Afganistan in ʼn tronk sit, is Dinsdag vrygelaat en behoort Donderdag in Kaapstad te land.

Young, oorspronklik van Kaapstad, het in 2009 ’n Afgaanse veiligheidswag uit selfverdediging doodgeskiet.

Sy ʼn ondersteunings groep, “Justice for PHIL Young”, het pas bekend gemaak dat Young vrygelaat is. Dié nuus is met toejuiging van familie, vriende en ondersteuners begroet.

Young, wat as veiligheidspesialis vir ’n Amerikaanse maatskappy in die land gewerk het, het in 2009 ʼn Afgaanse wag doodgeskiet nadat dié weens ’n dispuut oor werk op hom geskiet het. Young se vrylating kom nadat hy onlangs presidensiële afslag op sy tronkstraf van sewe jaar gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.