Man vas ná AfriForum ingryp

Angelique se beserings Foto verskaf

Angelique se beserings Foto verskaf

ʼn Senior beampte van die departement van korrektiewe dienste, wat glo ʼn 10-jarige meisie met sy gordel aangerand het, is in hegtenis geneem nadat die burgerregte-organisasie AfriForum ingegryp het.

Nantes Kelder, hoof van AfriForum se ondersoekeenheid, het gesê foto’s van die aanranding is op Facebook versprei waarna die dogtertjie se pa, Eben Meintjies, met hom in verbinding getree het.

Die beweerde aanranding het reeds op 9 Desember plaasgevind en die saak is op 10 Desember by die Dawnpark-polisiestasie aanhangig gemaak. Volgens Meintjies het die polisiestasie egter gesloer met die saak.

Kelder het Dinsdag uitgevind dat die polisie nog steeds nie beëdigde verklarings van die dogter en haar tweelingsussie afgeneem het nie, en hy het persoonlik die verklarings afgeneem. Hy het daarna die verklarings na die polisiestasie geneem.

Meintjies het Kelder daarna weer gekontak nadat die polisie die gesin in kennis gestel het dat hulle die verklarings in Engels by die dogters wou afneem. “Dit sal glad nie regverdig wees teenoor die dogters om van hulle te verwag om die verklarings in Engels af te lê nie, en dit sou ook traumaties vir hulle gewees het om die verklarings weer af te lê,” het Kelder bygevoeg. “Ons wou egter seker maak dat taal nie afbreuk doen aan die saak nie, en het aangebied om die verklarings te vertaal.”

Die vertaalde verklarings is Woensdagoggend by die polisie ingehandig en die polisie het Woensdag die beampte, Zwandile Mkhuma, in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Woensdag in die Vosloorus-landdroshof verskyn.

Die polisie was reeds in besit van die mediese verslae en foto’s van die voorval.

Lees ook:
Man vas ná hy glo 10-jarige aanrand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

amelia ·

Hoop die ouers dagvaar staat vir pyn en lyding Hul kan nie hul werk ordentlik doen nie maar wil kinders aanrand Ons kan mos dink by ons self wie dit was Maar laat dit nou anders om was was wit persoon seker vir jare in tronk of moes duisende betaal Sterkte aan kind en haar ouers Polisie moet ook hulle werk begion doen

Gert ·

Mnr Mkhuma, se dankie vandag dit was nie my kind nie. Jy sou jou tande met n gebreekte arm opgetel het, maar eers nadat jy twee weke later uit jou koma wakker geword het. Ek wonder net wat die reaksie sou gewees het indien dit ‘n witman was wat ‘n swartkind so geslaan het? Niks anders as die holrug geryde RASSISME nie! Kry vir jou! Jy werk vir Korrektiewe Dienste wat hul voorskrifte net reg kan toepas indien hul lede dissipline het. Nou verstaan ek waarom die gevangenes ongedissiplineerd is. Die arme Mnr Meintjies gaan nou seker les opse as ene Mnr Mkhuma weer terug is by die werk.

Eduard ·

Die ou kan bly wees dit was nie een van my kinders nie want dan was hy lankal in die hospitaal en nie nou in die tronk nie!

floris du toit ·

Ek wil bitter graag weet wie gaan ons, die publiek, beskerm teen staats amptenare wat veronderstel is om ons te beskerm maar eintlik self wets oortreders is. Dit wil my ook voorkom of die polisie ook teen die publiek is of net nie wil werk nie.

Basie Badenhorst ·

Ek het nie meer woorde om die veragtelike daad te veroordeel nie.Ek wil net se as dit my kind was sou dit ontaard het in n lelike ding

Danie ·

Ek stem saam met al die kommentare.As dit n wit man was wat n swart kind geslaan het was hy baie vinniger in die tronk.Ek dink as dit my kind gewees het,sou ek self agterna tronk toe gegaan het,want ek sou dit heeltemal verloor het.Dit bevestig net weer die noodsaak van Afriforum,om mense se regte te beskerm want neem jy die reg in jou eie hande gaan jy self tronk toe.Ek het aangesluit by Afriforum en ek is n betalende lid,ek gee wat ek kan bekostig,want ek weet dit is hulle lewensroeping om mense te help en op te staan vir hul mense se regte,In Suid Afrika kan jy nie alleen staan nie,dan kom jy nerens,Kom ons maak Afriforum n miljoen lede sterk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.