Man vas ná fietsryer se dood

Argieffoto

‘n Minibusbestuurder is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n fietsryer op die N14 naby Vryburg in Noordwes doodgery het.

“Die minibusbestuurder het die fietsryer Saterdag in Delareyvilleweg getref toe die fietsryer glo voor hom ingery het,” het kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Die fietsryer is op die toneel dood verklaar.”

Die 35-jarige bestuurder is in hegtenis geneem nadat hy glo nie ‘n rybewys kon lewer nie. Hy sal Dinsdag in die Vryburg-landdroshof verskyn op aanklag van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.