Man vas ná hy glo boetebessie doodry

Thuli Nhlengethwa

Thuli Nhlengethwa

ʼn 24-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn boetebessie op die N2 in KwaZulu-Natal doodgery het.

“Die man is oor die naweek in KwaLanga in Kaapstad aangekeer waar hy weggekruip het,” het Kwanele Ncalane, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, gesê.

Die man het glo Thuli Nhlengethwa, ʼn padverkeersinspekteur, op 22 September op die N2 getref. Nhlegethwa (35) het probeer om ʼn silwer Audi, wat teen 141km/h gery het, af te trek. Die motor het nie gestop nie en het haar omgery voordat hy weggejaag het. Die polisie het later bevestig die motor is in Roodepoort in Gauteng gesteel.

“Beamptes op die toneel het die bestuurder van die voertuig agternagesit, wat die voertuig afgetrek het. Die bestuurder het te voet gevlug, maar ʼn passasier is in die voertuig agter gelaat,” het Ncalane gesê.

Willies Mchunu, LUR vir vervoer, het die inhegtenisneming verwelkom. “Ek wil die polisie vereer vir hul onvermoeide pogings om die verdagte aan te keer,” het Mchunu gesê. “Dié deurbraak is baie belangrik en stuur ʼn sterk boodskap aan alle motoriste dat geen kriminele oortreding geduld sal word nie.” Hy versoek dat die man swaar gestraf sal word. “Nie net omdat hy een van ons eie glo vermoor het nie, maar weens die feit dat hy nie aanspreeklikheid vir sy optrede aanvaar het nie. Ek hoop dat dié inhegtenisneming die Nhlengethwa-familie sal help om berusting te vind.”

Die man sal na KwaZulu-Natal verplaas word waar hy op aanklag van strafbare manslag en roekelose bestuur in die hof sal verskyn.

Ncalane sê daar is ʼn moontlikheid dat nog klagtes bygevoeg sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eben ·

Thuli Nhlengethwa hoekom voor aankomende verkeerd inspring … a-nee-a!!!

Paul ·

Naamgenoot, dit lyk vir my Eben was daar toe die vrou raakgery is. Hy verstaan nie die gevolge as hy voor die hof gedaag word om te getuig wat hy gesien gebeur het. Lekker stupid nê!!!!!

Johan Kruger ·

Ek hoop die beskuldigde kry ‘n swaar vonnis. Hier is nie meer ‘n afskrik middel in ons land nie. Dis makliker binne die tronk as buite

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.