Man vas na hy glo drankwinkel beroof

ʼn 20-jarige man van Kagiso is in hegtenis geneem nadat hy glo sowat R30 000 se ware by ʼn drankwinkel gesteel het.

Ao Solomon Sibiya sê die man is Woensdag in hegtenis geneem vir die diefstal wat glo op 3 November in Kagiso aan die Wes-Rand plaasgevind het. Die goedere is deur die nag gesteel toe niemand in die winkel was nie. Die man het glo deur die dak ingeklim. Sibiya sê hul ondersoek het hulle na die verdagte gelei.

Die man sal binnekort in die landdroshof in Krugersdorp verskyn op aanklag van winkeldiefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.