Man vas ná hy glo dreig om treine op te blaas

Die polisie in Kaapstad het ʼn man in hegtenis geneem wat glo gedreig het om spoorweë en reinstasies op te blaas.

Die Cape Argus berig dat die man glo verlede week oproepe van ʼn betaalfoon gemaak het. ʼn Polisiewoordvoerder, Jorina Zandberg, sê die oproepe is aan die Vervoer Bestuursentrum in Goodwood gemaak en die man het glo gedreig om ook treinbestuurders dood te skiet. Zandberg sê die oproepe het “reuse vertragings” tot gevolg gehad aangesien die spoorweë en treine eers deursoek moes word om seker te maak dat daar wel nie ʼn bom is nie. Die polisie het oproepe van betaalfone begin monitor. ʼn Polisiebeampte in gewone drag is by die plek waar van die oproepe gemaak is ontplooi en ʼn verdagte (49) is in Diep River in hegtenis geneem. Die man het Maandag in die hof verskyn op 13 aanklagte van bomdreigemente. Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.