Man vas na hy glo kankerpasiënt in Bfn-hospitaal verkrag

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn terminaal siek kankerpasiënt in die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein verkrag het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Harry Nagel, sê die 33-jarige man is Donderdagaand in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ʼn 50-jarige vrou. Nagel sê die man is by sy huis in hegtenis geneem nadat hy positief uitgeken is deur die beweerde slagoffer. Hy sê die vrou kon egter nie die vroulike verpleegster, wat die man na bewering bygestaan het, uitken nie. Die beweerde slagoffer se man het aan die polisie gesê dat die voorval op 15 Oktober plaasgevind het. Volgens die vrou het ʼn vroulike verpleegster haar vasgehou terwyl die manlike verpleegster haar verkrag het. Nagel sê die polisie wag steeds op forensiese uitslae. Die man sal Vrydag in die Bloemfontein landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.