Man vas ná hy glo Klerksdorp-vrou verkrag

‘n 29-jarige man is in hegtenis geneem vir die verkragting van ‘n vrou in Brakspruit in Klerksdorp.

“Die man het die 53-jarige vrou se huis glo Saterdag net ná 01:00 betree,” het kapt Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Die slagoffer het in haar huis geslaap toe sy deur ‘n kerslig wakker gemaak is.”

Die man het haar glo oorval en verkrag.

Die man is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Klerksdorp verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.