Man vas ná hy glo swanger vrou se lyk in asblik hou

Argieffoto

Argieffoto

‘n 36-jarige man van Bloemfontein wat daarvan verdink word dat hy sy hoog swanger eks-meisie vermoor en haar liggaam vir langer as ʼn maand in ʼn asblik by hom gehou het, verskyn Donderdag in die Bloemfonteinse-landdroshof.

OFM berig Meloko Emanual Mapitsi staar twee aanklagte van moord in die gesig.

Konst. Peter Kareli, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, het gesê die tweede moordklag is weens die gevorderde stadium van sy voormalige meisie, Francina Lebete (20), se swangerskap toe hy haar vermoor het.

Mapitsi is op 1 Oktober by sy huurhuis in Bloemspruit in hegtenis geneem nadat lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum op Lebete se erg ontbinde liggaam in ‘n geseëlde asblik afgekom het. Mapitsi was glo van plan om die asblik aan die brand te steek nadat die huiseienaar gekla het oor die slegte reuk wat uit die asblik gekom het. Lees meer hier.

Bron: OFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.