Man vas ná hy glo vrou vermoor, begrawe

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriendin vermoor en haar liggaam in ʼn vlak graf begrawe het by sy huis in Ogies, Mpumalanga.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die 34-jarige man het glo Sondag sy 26-jarige vriendin met ʼn skerp voorwerp doodgesteek. Hy het haar lyk glo vir vier dae in sy huis gehou voor hy haar oorskot in ʼn vlak graf op sy erf begrawe het. Hlathi sê die man is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Ogies-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.