Man vas na hy kind verkrag

ʼn Man is in hegtenis geneem na hy glo Sondag ʼn kind in Swartfontein, naby Bronkhorstpruit, verkrag het.

Kaptein Sipho Zulu, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die man is in sy laat 20s. Hy het glo die meisie, wat jonger as 10 jaar oud is, Sondag omstreeks 18:00 verkrag. Hy is Maandag in hegtenis geneem.

“Die meisie se ma het haar gestuur om tee by ʼn buurvrou te gaan haal toe die man haar genader het. Die ma het later die kind gaan soek en haar huilend in die straat gekry,” het Zulu gesê.

Die man gaan na verwagting binnekort in die hof verskyn.

–   Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.