Man vas na hy polisieman skiet

ʼn Man is Saterdag in Gugulethu naby Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn polisiebeampte geskiet het.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê die 28-jarige man was gesoek in verband met ʼn gewapende rooftog wat in Maart plaasgevind het. Die polisie kon verlede week Vrydag daarin slaag om die man op te spoor. Hy het glo ʼn vuurwapen uitgeruk en een van die polisiebeamptes in die skouer geskiet en gevlug. Die man is egter Saterdagoggend weer vasgetrek en is in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die Athlone-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.