Man vas ná hy ryloop met R15 000 se dagga

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ryloper is Woensdag in Ficksburg in die Vrystaat hegtenis geneem nadat hy geryloop het met pakke dagga wat hy aan sy lyf vasgemaak het.

Kapt. Phumelelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê ʼn motoris het gestop en die man ʼn rygeleentheid na Johannesburg gegee. “Toe die ryloper inklim, het die bestuurder onmiddellik dagga geruik,” het Dlamini gesê. Die man se bolyf het glo ook te groot vir sy lyf gelyk.

Die motoris het onraad vermoed, en het van die pad af getrek toe hy polisie op roetine-patrollie in Ficksburg sien.

“Die polisie het die man deursoek en ʼn swartsak vol dagga gevind wat hy om sy bolyf vasgebind het.”

Die dagga het ʼn geskatte straatwaarde van R15 000. Dlamini het gesê die polisie vermoed die dagga was van Lesotho af en bedoel om in Rustenburg afgelewer te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

bileam se donkie ·

Nou gaan hy dit aan die polisie gee,wat n goeie winsie gaan maak!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.