Man vas na hy te stadig ry

ʼn 45-jarige man is op die N1 noord in Midrand in hegtenis geneem oor hy te stadig gery het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, sê die man het teen 30km/h gery in die vinnige baan. Minnaar se die man se hoofligte was ook nie aangeskakel nie. “Die man het gesukkel om regop te staan nadat sy Mazda 6 van die pad getrek is en hy gevra is om uit die motor te klim.” Minnaar sê ʼn asemtoets het getoon dat sy alkoholvlak 0,90 mg/l was, wat amper vier keer meer is as die wettige limiet van 0,24 mg/l. Die man is in hegtenis geneem en na die Midrand-polisiestasie geneem. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklag van dronkbestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter Potgieter ·

Baie mooi sal net wil weet is dit n Jonas? Wens hulle wil ook iets doen met die bakkies wat so hoog gelaai word op die snel wee veral in die aand en nagte na Mozamb. As hulle wet toe pas sal dit nie nodig wees vir tolgelde nie want daar is so baie wedoortreders.

Trippie ·

Môre-sê Pieter, mag ek my verstout om te sê jy het ook die video-greep gesien van ou Jonas ? Stem 100% saam met jou, wette word gemaak om gehoorsaam te word. Lees vanoggend min mense steur hul aan boetes. Die land is so in sy mhur, so in sy mhur.

Stoere Boer ·

As dit nie vir die alkoholtoets was nie was hy nogsteeds op die pad. Die stadig ry het aandag op hom gevestig en het gemaak dat hulle hom aftrek maar hy is “vas” omdat hy onder die invloed van alkohol was.

Jan-Danie ·

Ek wonder net hoekom sien hulle hy kan nie staan toe trek hulle hom af en vra dat hy moet uitklim????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.