Man vas na hy verkeersbeampte omry

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy ʼn verkeersbeampte omgery het op die R23 naby Standerton in Mpumalanga.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sê die voorval het Vrydagaand plaasgevind toe die verkeersbeampte ʼn voertuig wou aftrek tydens ʼn padblokkade. Die bestuurder van die motor het egter nie gestop nie en die verkeersbeampte omgery. “Die bestuurder het weggejaag en ʼn ander verkeersbeampte het hom agternagesit. Hy is voorgekeer en terug na die toneel gebring waar hy in hegtenis geneem is.” Hy word van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur aangekla. Hy sal Maandag in die Standerton-landdroshof verskyn. Die verkeersbeampte is per helikopter na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.